Afrikaans

My eerste rolstoel Vriende My Motor My Huis Kontak Informasie

My familie.  v.l.n.r My suster, Zelda(29) My Ma(??), My swaer, Nico(33), en my ander 2 susters, Elmarie(31) en Irma(25).  En dan ook ek!

Hallo almal ! My naam is Renier Claassen, ek is 26 en ek woon in Oudtshoorn, Suid-Afrika.  Omdat Oudtshoorn so lekker sentraal geleë is, is dit maklik en vinnig om sommer vir 'n naweek oor te ry see toe, bv. George of Mosselbaai.  Dit was juis so 'n uitstappie  wat my lewe op die 1ste Mei 1998 drasties en vir ewig verander het. Ongeveer 19h00 daardie aand was ek in 'n ernstige motorongeluk betrokke waartydens ek 'n rugbesering opgedoen het wat my die gebruik van my bene laat verloor het.  Later is vasgestel dat ek 'n T10 letsel het wat beteken dat ek vanaf my middellyf verlam was en nooit weer die gebruik van my bene sou hê nie a.g.v. my rugmurg wat by my 10de rugwerwel totaal afgesny was.

Ek is onmiddellik na Mosselbaai se provinisiale hospitaal geneem, waarvandaan ek na die Conradie Hospitaal in Kaapstad gevlieg is.  Ek was vir ongeveer 3 en 'n half maande daar, waartydens ek verskeie tegnieke aangeleer het om by my nuwe lewenstyl as parapleeg aan te pas.  

As julle nog meer omtrent my wil uitvind, kom kuier of loer gerus na my ander fotoblaaie.   Sien julle daar !!

 

Webmaster