
Hierdie fotos
van my is in September
1999 deur 'n
vriend, SC Pienaar geneem. Die stoel waarin ek sit, is 'n
Roll-ability, ontwerp en vervaardig deur twee parapleë van Kaapstad.Dit is 'n
liggewig stoel, maklik om te hanteer en hoofsaaklik vir sport ontwerp.
Omdat daar ongelukkig geen sport fasaliteite in Oudtshoorn of omgewing is nie,
moes ek noodgedwonge vir my 'n tweede rystoel aanskaf. Ek sal hom
later vir julle wys.Die Roll-ability word volgens jou eie spesifikasies gemaak
en jy kan selfs die kleur kies.Vir enige inligting of vra i.v.m.die Roll-ability
stuur gerus vir my 'n e-pos.My adres kom so bietjie later.
Hier
sit ek by my rekenaar wat hoofsaaklik my tydverdryf is deur die loop
van die dag.Ek tik hie
r en daar vir mense briewe of CV's of partykeer help ek
iemand met die ontwerp van 'n klein koerantjie.Dit behels die scan van die fotos
en dan die basiese ontwerp van die koerantjie met hulle bewoording by.Wanneer
dit 19:00 raak en ek het nie iets anders aan nie of hier kuier nie vriende nie
is dit tyd vir die internet.Vir my was dit soos 'n nuwe wêreld wat oopgegaan
het met alles wat jy kan leer en lees .Gepraat van die internet,ek wil sommer
vir 'n vriend van my,Leon Theron,baie dankie sê vir al sy hulp en tyd met die
ontwerp van my tuisblad.