My Motor

Up My eerste rolstoel Vriende My Motor My Huis Kontak Informasie

My motor, 'n 1989 Opel Kadett 2.0 GSI voor die ongeluk. 

 

 

 

Die passasierskant, waar 'n vriend, Dawie, gesit het tydens die ongeluk.Alhoewel die motor baie sleg lyk vanuit hierdie hoek, het Dawie slegs sy been gebreek.   Ek is uit die motor geslinger en dit is duidelik dat die bestuurskant redelik ongeskonde is.

 

Soos julle kan sien, het die motor 'n geweldige stamp van voor en van die kant gekry.  Die linker voorwiel het gebars, die motor het toe gruis geraak en ek het beheer verloor, waarna ons teen 'n steil wal gebots het, die motor omgeslaan, getol en 'n paar meter verder op sy dak te lande gekom het.

 

Volgens die polisie en die  paramediese personeel op die ongelukstoneel, moes ek by die agterruit  uitgeslinger gewees het.Weereens bewys dit hoe belangrik 'n veiligheidsgordel is, want as ek myne gedra het, was dinge dalk nou baie anders.

Webmaster