
Hier lê ek op die bed en, Elsabé,'n vriendin is
besig om my te help met my passiewe bewegings.As gevolg van baie spier spasmas
is dit vir my baie moeilik om hierdie oefeninge op my eie te doen.Die medikasie
wat ek tans gebruik help nie veel nie en die oefening maak dit net 'n klein
bietjie beter.Ek besluit nog of ek die spinale blok gaan laat inspuit.Dis 'n
inspuiting wat die dr. jou in jou rug gee,wat dan alle senuwees in jou bene
vernietig en sodoende die spasmas stop.Daar is wel 'n paar newe efekte en daarom
besluit ek nog daaroor.Elsabé help verskriklik baie en na die tyd is ek so
gelukkig om 'n rug maseer te kry.

Die ou by die rekenaar se naam is Leon,'n vriend.As hy nie besig is om te
help met my tuisblad nie,speel ons allerhande rekenaar speletjies.Leon is tans
'n leerling van Langenhoven Gimnasium en ook die skool se nommer een
"webmaster".Die skool neem tans deel aan 'n wêreldwye kompetisie,"Virtual
Classroom", vir
die skool wat die beste en mooiste tuisblad van hulle skool kan maak.Ek wens
Langenhoven Gimnasium Hoërskool alle voorspoed toe met die kompetisie.
Die
twee persone wat julle op die foto sien is Irma en Thomas.Irma is my jonger
suster en Thomas is Leon se ouer broer.Hulle werk altwee by National Computer
College waar daar allerhande verskillende rekenaarkursusse aangebied word.Jammer
oor die kwaliteit van die fotos,sodra ek kan sal ek dit vervang met ander en
fotos bysit van nog vriende.