My Huis

Up My eerste rolstoel Vriende My Motor My Huis Kontak Informasie

Na die ongeluk het ek weer by my ma gaan bly omdat my nuwe lewe as parapleeg 'n baie groot aanpassing is.Wanneer ek oor 'n paar maande weer begin werk wil ek definitief in my eie plek intrek en weer ten volle onafhanklik wees.Soos julle op die volgende twee fotos sal sien is daar absoluut geen veranderings aan die huis aangebring nie,behalwe vir die twee afritte by die voor en agterdeur,sodat ek op my eie in en uit die huis kan beweeg.

 

Die foto is in die badkamer geneem en weereens is daar geen veranderings gemaak nie.Om in en uit die bad en ook op en van die bed te kom moet ek gebruik maak van my bolyf.In die begin,net soos baie ander dinge,is dit baie moeilik,maar hoe meer jy dit doen hoe makliker raak dit

 

Hier sit ek by die motor,reg om in te klim en dorp toe te gaan.Toe ek die eerste keer langs 'n motor in my rolstoel gesit het,het ek vir myself gesê,hoe op aarde gaan ek van die stoel af tot in die motor kom!Weereens,hoe meer jy dit doen hoe makliker raak dit.Op die oomblik sit iemand anders my rolstoel in die motor nadat ek ingeklim het,maar sodra ek my eie motor het sal ek 'n manier moet kry om dit self te doen.

 

 

Webmaster